Nov 27, 2009

kolwyntjies

Mieta en haar ma kom oor vir tee, ek staan vroegoggend nà die Boeremark in die stil woonstel en bak kolwyntjies. Daar is iets vertroostend aan koek bak, dink ek, maar die vertroosting word verruim met 'n goeie dosis opgewondenheid as dit by die bak van kolwyntjies kom. Die cute papierdoppies, die feit dat daar so baie klein koekies uit die oond kom, die vreugde wat in die versiering lê. Hierdie keer is myne 'n baie dense en donker sjokoladekolwyntjie, beslis my nuwe go to-resep vir sjokoladekoek. Met die son nog nie heeltemal uit nie maak ek die versiersuiker aan met botter en baie kakao, 'n lekseltjie room. Goue balletjies op elke donker beaut.

Nov 26, 2009

flatbreads met hoender en pistachio

Vir lank het ek hierdie resep, 'n resep van Ana Sortun, in my visier gehad, maar die eindelose hoeveelheid stappe het gemaak dat ek dit bly uitstel het. In teorie, besef ek, is dit 'n taamlik eenvoudige affêre, mits jy 'n voedselverwerker het. Helaas, het ek nie. Maar die finicky proses was uiteindelik in die resultate die moeite werd. Eers maak jy tortillas, omdat mense in Pretoria dink lavash is 'n Franse term vir bad, en nie 'n Midde-Oosterse flatbread nie. Dan rooster jy 'n rooirissie onder die grill, skil hom af, en stamp fyn met 'n mortar en pestle. 'n Halwe handvol pistachios word in 'n droë pan gerooster en ook fyngestamp. Dan strip jy twee van gisteraand se geroosterde hoenderdytjies van hul vleis, en stamp dié ook fyn (Ja, mens werk vir hierdie maaltyd). Dit word dan als gemeng met fyngestampte groenuie, za'atar, sumac, en 'n bietjie room - die sumac verrig wondere hier. Smeer als op die tortillas, en sit in 'n vuurwarm oond.

Daarmee saam eet jy nog 'n heerlikheid - smoked aubergine crush, oorspronklik 'n resep van Mehernosh Mody . (Soos met The Wednesday Chef, waar ek die resep raakgelees het, was die blote naam genoeg om my te oorreed om so gou as moontlik die huis te verlaat op soek na 'n eiervrug). Eerstens rooster jy 'n eiervrug, skep al die sagte pulp uit die vel. Intussen braai jy mosterdsaadjies, rissies, gemmer en borrie in bietjie olyfolie, saam met 'n ui. Ek het geen gewone uie in die huis oorgehad nie, en gebruik toe eerder die laaste van my red onion relish, en die soeterige smakie was uiteindelik wonderlik - ek sal die gebruik van gekarameliseerde uie aanbeveel. Gooi die verpulpte eiervrug in die pan, en voeg klappermelk by, en 'n tikkie suurlemoensap. Die eindresultaat, moet ek jul waarsku, lyk alteveel soos die inhoud van 'n vuil doek. Maar looks is nie alles nie, en die kombinasie van die flatbreads met die eiervrug en 'n bietjie Griekse jogurt, is amper genoeg om my die koop van 'n voedselverwerker te laat oorweeg.

Nov 25, 2009

rugelach

Ek kan my nie indink hoe leeg my lewe was in die dae voor ek rugelach leer ken het nie.





'n Roomkaas-gebaseerde pastrydeeg wat dun uitgerol word, dan bedek word met 'n dikkerige laag fyngekapte neute (wat ookal jy in die huis het; makadamia en amandels as die betrokke huis myne is), bruinsuiker en veel kakao. Dan word jou plat, ronde pastry disk in skywe gesny, en elke skyf word opgerol, sodat dit soos klein croissants aan die ander kant uitkom.





Op hierdie punt kan jy hul vries sodat jy eendag 'n bondel onverwagse gaste kan beindruk, of jy kan dit dadelik als bak en die res van die middag op die bed lê en wyn drink en rugelach eet.





Ek het my pastry bashert gevind.





Speaking of which - J land môre-oggend in die land, en alhoewel daar 'n paar scheduled posts sal verskyn binne die volgende paar dae, gaan ons bietjie laaglê vir tyd en wyl. Intussen het ek pas 'n tertkors gemaak, en twee uie gebraai vir ons middagete môre, en daar is 'n gesoute Zuni-hoendertjie in die yskas vir die aand. Ek is voorbereid. Een slapie.

Nov 24, 2009

lekkerste hoender

Daar's geen hoop om dit weg te steek nie - ek het 'n goeie klap kommin Afrikanerkos weg. Ek gooi bruinuiesop in my witsous, ek is mal oor soetmosterd, en ek trek nie my neus op vir die Wenresepte-boeke nie. Jare terug het Mariette Crawford in Rooi Rose die term crimplene kos gecoin, om te verwys na al ons trashy Afrikaner favourites - yskastert en gestolde slaaie, daai soutkoek met die marmite en kaas bo-op, poedings wat bestaan uit kitspoeding wat met ideal melk gemeng word. En soveel so as wat 'n mens se gesondheid nie vreeslik baie crimplene* kos hanteer nie, en 'n mens nie anders kan as om grappies te maak daaroor nie - "Hul wil hê ek moet fokken Maizina in die ding gooi? Maizina? Is jy seker?" bly dit gewild vir 'n rede. Dis lekker. So seker is ons van die feit dat dit lekker is, dat ons sommer die woord in die resepte gebruik. Soos hierdie gem uit Wenresepte, wat ook gepubliseer is in die Landbouweekblad (eerste Landbouweekblad-resep van my lewe, yay!) - Lekkerste Hoender.

Jare terug, toe ons nog op 'n dorpie met 'n plaaslike slagter gewoon het, het die slagter en sy gesin ons soms oorgenooi vir ete. Of meer spesifiek - vir 'n braai. En liewe donner lesers, wat op aarde kan beter wees as 'n braai aan die huis van 'n slagter? Elke moontlike ding wat 'n mens ooit kan braai, van tjoppies en boerewors tot daardie hoendervlerkies op 'n stokkie, varksusters, dun skaapworsies, kaaswors, skilpadjies, steak, vark rashers. Ek kan nie onthou wat ons daarmee saam geëet het nie; daar is 'n vae herinnering aan 'n knoffelbrood iewers, maar die hoofsaak was, per slot van sake, die vleis. In alle geval - wanneer dit uiteindelik tyd was vir my ouers om die slagter en gesin terug te nooi, was my ma radeloos oor wat om te maak. Hoe top mens 'n braai met vyftien verskillende soorte vleisprodukte? En dis toe wat sy onthou van Lekkerste Hoender. 'n Helse klomp hoender word ingevryf met paprika, mosterdpoeier, en sout en peper. And then my dears, it's all downhill from there. Maak 'n sous van baie mayonaise, Griekse jogurt, 'n paar eetlepels tamatiesous, worcestorsous en bruinsuiker. En gooi omtrent twaalf heel huisies knoffel in. Gooi oor die hoender, en bak. Hierdie is crimplene kos van die ergste graad, maar dit is 'n major crowd pleaser. Wat nie net bewys is deur die moans aan tafel daardie aand met die slagter en sy kroos nie, maar weer tydens 'n ete verlede week**, waar die gaste die sous van die hoender met hul snye vars brood opgemop het, tot die laaste smeersel in die pan. En het ek genoem hier's geweldig baie knoffel in? What's not to love?

* Hierdie foto verskaf my ook baie plesier.
**J, daar is 'n rede dat ek jou nie vertel het watse tipe hoender ek gemaak het nou die aand nie; ek was bang jy klim dalk nie op die vliegtuig nie.

'n tweede eerste

Let me share my first. It was July, a night or two before the family was to depart again. We were in Oxford, dazzled by colleges and history and atmosphere. We were looking for fish at the Covered Market, and fish we did find, but it was the scallops that stole the show.


I love the colours.

To be honest, I wasn't quite sure what to do with them. But surely that is half the excitement of firsts? That feeling around, guessing, improvising. Luckily we didn't have a lot to complicate things with.

A hot pan, butter, a rubbing of garlic. Just a few seconds on each cheek There was a fair bit of poking, hoping I could instinctively feel when they're done. This is usually the time my paranoia about over-cooking (shell)fish comes to the fore. My lesson: if you heat something to the point where it protests vehemently, spitting and sizzling at you, and then take it off the heat, to rest for a few minutes, it should be done. My definition of done in any case.

Then served with chives, more of the garlicky butter and some mostly decorative greenery.
They came out well, even if the books would want them a bit more golden. Soft, sweet, scallopy. And suddenly I could understand what the fuss was about.

Nov 23, 2009

pavlova

Ek is bietjie van 'n opgaarder wanneer dit kom by random stukkies bestandele wat nie opgebruik word nie - dit eindig als op in my vrieskas, wat 'n klein spens is vol sakkies sade, neute, droë vrugte, vanieljepeule, brooddeeg, pastrydeeg, vars gemmer en rissie, en oorskiet kekerertjies. En eierwitte. Donners baie eierwitte. Na die groot hoeveelhede crème pattiserie van vroeër die jaar kon ek dit nie oor my hart kry om die amper 21 eierwitte in my besit weg te gooi nie, en het dit als in die vrieskas opgeëindig. En dan, liewe lesers, moet 'n mens uiteindelik net swig voor die vanselfsprekende - dis tyd vir pavlova. En as jy so baie eierwit beskikbaar het soos ek, sommer twee. Die eerste bak ek vir die ander departement waarby ek ook betrokke is se lektore, gebruik Nigella Lawson se wedding pavlova uit die wonderlike Feast. Maar met 'n twist - by die Boeremark vind ek 'n pragtige pakkie rabarber, rooster dit volgens Rose Bakery se resep met lemoensap en vanieljesuiker. Die pavlova word uiteindelik versier met effens versoete slagroom en die rosige, joyous stukkies soet en suur rabarber.

Nommer twee bak ek 'n paar dae later, vir 'n dinner party. Weer 'n Nigella original, maar hierdie keer uit Forever Summer, en 'n sjokolade variant. Daar word 'n stewige dosis kakao by die meringuemengsel ingemeng, en uiteindelik word die pavlova versier met nog styfgeklopte room (jul het geen idee hoeveel room het die laaste paar dae oor hierdie drumpel gereis nie), 'n sakkie vol blosige Boeremark-kersies, en 'n goeie hoeveelheid fyngerasperde 60% donkersjokolade wat infuse is met balsamiese asyn.

En daar is steeds omtrent ses eierwitte in 'n plastiekbakkie in my yskas. Iewers gaan ek moet besef die heelal druk my dalk in die rigting van die macaron.

Nov 22, 2009

'n eerste

By die groot mark in die stad koop ek die eerste scallops van my lewe. Hul is pragtig - wit en blink, soos koue ghoens, met die diep-oranje roe steeds aangeheg. Uiteindelik maak ek hul op 'n eenvoudige wyse gaar - botter, suurlemoen, knoffel, tiemie. Soet en sag uit die pan, 'n vuurwarm gebakte aartappel aan die kant.